011-4464200

 [email protected]

About > Clients Testimonials > C.v.R - "die Beste span in Suid Afrika"

C.v.R - "die Beste span in Suid Afrika"

"Goeie More Span De Broglio

Ek gaan in Afrikaans tik en as jul wil is julle welkom om dit in Engels oor te vertaal.  My storie is as volg –

Ek was in ’n ongeluk in 2012.  Almal het vir my gese dat ek nie ‘n voet het om op te staan om ’n eis in te sit nie.  ’n Jaar later het ’n firma my saak aanvaar en gese dat hulle my sal help.  Ek moes “non stop” agter hulle aan gebel het en dan is ek van bakboord na stierboord gestuur.  Dan werk die een dan daai een op my saak.  Ek het eventually 1 dokter gaan sien.  Toe begin ons maar weer – heen en weer.  Ek wou tou opgooi…  Toe gebeur ’n wonderwerk!!!  In Maart 2018 was ek in die hospitaal en my ma is op daai stadium oorlede.  Toe ek na my stem boodskappe geluister het toe hoor ek dat die firma wat my saak hanteer het toe gemaak het en dat De Broglio my saak oorvat.  Toe worry ek eers.  Alles weer van voor af.  Ek was kwaad en alles deurmekaar want waar is die geregtigheid in ons land????  Hoekom moet ek so sukkel net om iets reg te kry?  Toe skakel ek maar die dametjie terug en begin van voor af met die proses van dokumente teken ens….  EN HIER BEGIN MY VERHAAL!!!

Die dag in Maart 2018 toe ek gekontak is deur De Broglio was eintlik die Beste dag van my lewe!!!  Die personeel het my dadelik tuis laat voel van dag 1 af.  Hulle het dadelik aan my saak begin werk en teen die tyd was baie van my goed al weg, maar hulle het plan gemaak.  Dit was al die dokter afsprake ens.  Ek is die hele tyd op hoogte gehou via email of telefonies.  Ek het regtig nie 1 keer nodig gehaad om hulle te skakel vir enige iets nie.  Hulle was al die pad op die “ball”.  Van die ontvangs dame, tot die drywers wat my rondgery het vir dokter afsprake.  Ek kon dit nie glo nie!!!  Al die mense van een maatskappy wat so vriendelik, ondersteunend, behulpsaam en gasvry is,  was en is nog moeilik om te glo.  Ek het ’n hofdatum gekry vir 2019 maar my prokureur het ’n week voor die hof datum besluit om nie hof toe te gaan nie, want sy het opgetel dat iets op my saak nie reg was nie.  Sy en haar span het aanhou baklei vir MY!!!  Ek as klient is EERSTE gestel, waar kry mens dit nog???  In Augustus 2020 was daar weer ’n hofdatum, maar ons almal weet Covid was baas.  Ek het weer geworry, maar weer eens is ek verbaas dat ’n hele De Broglio Span aan my kant was en agter my gestaan het deur dik en dun.  Van die hofdatum af was ek nie in die hof nie maar my Span was daar vir my en my regte.  Elke dag as die hof toe gemaak het is ek in kennis gestel dat my saak nie voorgekom het nie en toe op dag 3 na die hofdatum word ek na 5 die middag gebel!!!  My saak is afgehandel!!!  Ek het amper ’n hartaanval gekry toe my prokureur my vra of hulle kan skik op die bedrag wat vir hulle aangebied is – dit was by verre baie meer as wat ek ooit gedink het!!!  Ek kon dit nie glo nie.  8 jaar na die ongeluk het daar geregtigheid gekom.  Maar nou ja – ons almal weet van die probleme by RAF – so toe kom die wag priode, want daar is nie geld nie.  En weer eens het ek nie nodig gehaad om 1 keer te bel of navrae te doen nie, want ek is kort kort via epos ingelig oor die stand van sake en wat aangaan.  En raai wat??? My gewag is sommer so skielik verby want ek het eergister ’n epos gekry wat my bankbesonderhede gevra is en vandag is my geld in my rekening.  Sonder om te bel, te soebat, te smeek – niks net verbasing oor die Beste span in Suid Afrika.

Met die skrywe wil ek vandag julle bedank!!!  Meneer Michael De Broglio, Jy en jou Span, vanaf ontvangs, drywers, prokureurs, advokate, admin mense – daar is net te veel om te noem en ek kan nie almal se name onthou nie, maar Dune Delport my prokureur – BAIE BAIE BAIE DANKIE – JULLE IS ALMAL AWESOME VERBY!!!  BESTE DIENS OOIT!!! Dankie dat julle vir my geveg het sonder betaling en sonder om te weet wat gaan gebeur, nou na 10 jaar kan ek uiteindelik die episode probeer vergeet en aanbeweeg.  Nes ek het julle nou ook uiteindelik vergoeding ontvang.  Ek sal nie een van julle ooit vergeet nie.  Dankie dat julle by my gestaan het in die eindelose reis na geregtigheid!!  Julle is TOPS!!!

Mooi dag en gaan aan met julle wonderlikke diens!!!"

C.v.R

2 September 2022