011-4464200

 [email protected]

About > Clients Testimonials > L.G. - "Ek dink julle werk is voortreflik"

L.G. - "Ek dink julle werk is voortreflik"

"Hi Dune,

Hoop jy’t ‘n lekker en geseende paasnaweek gehad. In al die tyd wat my saak deur julle firma hanteer was het ek (seker soos al julle kliente) hierdie knaende, gereelde “hou-jou-op-hoogte” e-posse gekry. Eerste een vanoggend weer toe ek my rekenaar oopmaak..

Toe ek jou en Eben Februarie ontmoet, het ek so gewens ek het die moeite gedoen om julle vroeer te ontmoet, soos ons altyd herinner en aangemoedig word om te doen. Ek dink julle werk is voortreflik en soos in 90% van gevalle en alle beroepe gaan mense ALTYD eerder tyd vind om te kla en kritiseer as prys.

Van my kant af ‘n duisend dankies aan: Albert (my drywer), Aspen (wie ingevul het vir Henrietta), Henrietta, JY (wat Dune is), Mr. Eben Serfontein (wie in my wereld van “celebrities” 2de staan SLEGS agter die Rolls Royce Andre Joubert, en natuurlik die groot man homself Mr. De Broglio.

Asseblief, al is dit in die verbyloop, as jy elkeen net kan se Louis se dankie. Hulle sal wel weet dis een van hulle baie kliente. (Ek dink ander firmas het kliente, julle het “fans”)

Lekker dag verder, kyk agter julleself en mekaar."

L.G.

2 April 2024